Olimpiese Somerspele 1980

Spele van die XXIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1980

Gehou in Moskou, Sowjetunie
Deelnemende lande 80 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 5 179 (4 064 mans, 1 115 vroue)[1]
Items 203 in 21 sporte[2]
Openingseremonie 19 Julie 1980
Sluitingseremonie 3 Augustus 1980
Amptelik geopen deur President Leonid Brezjnef[3]
Atlete-eed Nikolaj Andrianof (gimnastiek)
Beampte-eed Aleksandr Medwed (stoei)
Olimpiese vlam Sergei Belof (basketbal)
Vorige Spele 1976: Montreal (Kanada)
Volgende Spele 1984: Los Angeles (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 1980 (Russies: И́гры XXII Олимпиа́ды, tr. Igry XXII Olimpiady), amptelik bekend as die Spele van die XXIIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1980 in Moskou, Sowjetunie, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad vir die Spele was Los Angeles.

Die Olimpiese Stadion in Moskou

Die beslissing om die Spele aan Moskou toe te ken is deur die Internasionale Olimpiese Komitee in Oktober 1974 gemaak. Om die universaliteit van die Olimpiese Somerspele te onderstreep wou hulle dit aan 'n sosialistiese land toeken. Moskou, wat toe al oor heelwat sportinfrastruktuur beskik het, het perfek in die prentjie gepas.

As gevolg van 'n Amerikaans geleide boikot op inisiatief van president Jimmy Carter weens die Sowjetse inval in Afghanistan neem slegs 80 lande deel, die laagste getal lande sedert die Spele van 1956. Hierdie boikot is deur die Oosblok in 1984 beantwoord toe die meeste sosialistiese lande nie aan die Spele van 1984 in Los Angeles deelneem nie.

Die Olimpiese Winterspele 1980 is in Lake Placid, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is tussen 21 en 30 Junie in Arnhem en Veenendaal, Nederland, gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search